Toepaslike tegnologie

Toepaslike tegnologie is tegnologie wat in mense se basiese behoeftes voorsien deur hulle in staat te stel om hul tyd, vaardighede, en omgewingshulpbronne ten beste te benut.

Die mensdom het reeds baie voordeel uit ontwikkelinge op die terreine van wetenskap en tegnologie geput. Baie van dié ontwikkelinge was egter nadelig vir die omgewing of onvanpas vir mense in armer gebiede van die wêreld. Daarom is die neiging deesdae na tegnologieë wat nie net omgewingsvriendelik is nie, maar ook bruikbaar in die omgewing en omstandighede waarin mense hulle bevind.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search